Volgens kykNET is Eben se karakter, Paul, is in sy middel-20’s en in die Wes-Kaap gebore. Hy het in die regte studeer aan die Universiteit van die Vrystaat, waar sy voorouers ook studeer het. Hy kry ’n aanstelling by Van Romburg & Retief Ing., waar hy Stef ontmoet. Die twee kom uit die staanspoor goed klaar en Paul wys gou hy is ’n persoon van inbors en karakter.

Paul klop op Stef se aanbeveling by die Villa aan vir verblyf. Fritz is ingenome met die jongman en nog nie bewus dat hul geskiedenis oorvleuel nie.

Eben is ook ’n tromspeler en het glo al saam met Elvis Blue opgetree. Hy het ook ’n rol in Lien se Lankstaanskoene gehad en het in Damduikers vir die kykNET Silwerskermfees verskyn. Hy was ook in Donkerland op kykNET te sien.

Bron: kykNET