Hy het een dag se skietwerk oorgehad toe Paul verlede November buite Los Angeles verongeluk.

In ’n onderhoud het die 63-jarige akteur gesê hy het sowat twee maande gelede teruggekeer om aan die twee oorblywende tonele te werk. Hy het gesê dit is verfilm saam met Paul se broers, Caleb en Cody.

Die span “doen hul bes om die fliek so goed moontlik te maak”, het hy gesê, maar wou nie sê of sy tonele oorgeskryf is nie.

Kurt het hom by die sewende fliek in die reeks aangesluit om Vin Diesel se karakter, Dominic Toretto, se pa te speel. Hy het erken Paul se dood het die vervaardigers met ’n penarie gelaat, en Paul se broers het ’n goeie verhouding met die Fast & Furious-span het.

Hy het ook gesê Vin werk baie hard. Die fliek gaan n April volgende jaar uitgereik word.

Kurt het hieroor gepraat tydens die bemarking van ’n nuwe Netflix-dokumentêr wat deur sy neefs vervaardig word oor sy pa, Bing, se kleinliga-bofbalspan, minor-league baseball team The Battered Bastards of Baseball.

- Lauri Neff/Sapa