Johannesburg –

“(Paramedici) het op die toneel aangekom en gevind lewensredders werk onvermoeid om die sewejarige seun te probeer bybring,” het Chris Botha, ’n woordvoerder van Netcare 911 gesê.

Die kind is aan ’n ventilator gekoppel terwyl paramedici hom probeer bybring. “Tragies, al het hulle sowat 45 minute lank gewerk, is die kind op die toneel dood verklaar,” het Chris gesê.

Nog twee kinders het amper verdrink in twee aparte voorvalle Woensdag.

’n Dertienjarige meisie is by die Strand in die Wes-Kaap bygebring. “Uit die familie se vertellings blyk dit die kind het in ’n sleurstroom beland het en is onder die water ingetrek. Familielede hulle tot haar bystand gehaas en haar lewelose lyf tot op die strand getrek,” het Chris gesê.

Paramedici het die tiener begin resussiteer en aangehou om KPR op haar toe te pas terwyl hulle na ’n hospitaal daar naby gery het. Die meisie se hart het begin klop en sy het weer self begin asemhaal.

Vroeër het Athlenda Mathe, ’n woordvoerder van Netcare 911, gesê ’n tweejarige seun is bygebring nadat hy amper in Mulbarton, Johannesburg, verdrink het.

Die seun het by sy huis in die swembad geval. Toe paramedici op die toneel aankom, het hulle KPR toegepas en die kleuter bygebring.

Die kind is per lugambulans hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.

Bron: News24

Lees ook:

Tiener verdrink kleuter om plek te maak vir ongebore kind

Troufotgraaf red kleuter van verdrinking