’n Jong meisie (7) het Maandagoggend in die vroeë ure in Athlone doodgebrand toe ’n Wendy-huis waar sy saam met haar ouers gebly het in vlamme opgegaan het terwyl sy binne toegesluit was.

[caption id="attachment_127371" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Theo Layne, woordvoerder van die Stad Kaapstad se branddienste, sê 12 brandbestryders het die brand bestry nadat hulle eenuur vanoggend na die toneel in Shaanti Crescent, Gatesville, gestuur is.

Die sewejarige was in die huis toegesluit terwyl haar pa haar ma by die werk gaan oplaai het.

Die brandbestryders het ’n uur gespook om die vlamme te blus.

Haar lykie is binne die houstruktuur gevind.

Theo sê die saak is aan die polisie oorhanding vir verdere ondersoek.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer

Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!

Gert van Rooyen: ‘Slagoffer’ verbreek stilte ná 39 jaar

‘Ek is so dankbaar’: Vrou wat 18 jaar gelede uit brandende gebou gered is, herenig met haar redder