“Vinny het dit soos ’n kampioen hanteer en gesê: ‘Nee, ek is ’n seun,’ ” sê sy pa, Jason.

“En toe raak almal opgewonde toe Ma die poniesterte afknip. Ek was bly,” sê die sewejarige wat amper 33 cm hare geskenk het.

Toe kom Vinny eendag van die skool af by die huis en kla oor kniepyn. Sy ouers het ’n groterige knop aan sy regterheup gesien en hom na ongevalle geneem.

In ’n tragiese wending is ’n aggressiewe vorm van kanker by die jong seun van Roseville, Kalifornië, gediagnoseer.

“Hulle het basies ’n aansienlike groeisel aan sy heup en in die been om die oog en agter die neus en aan die wang aan die regterkant gevind,” verduidelik Jason.

Lees ook: Kyk die wonderlike oomblik toe blinde vrou ná 21 jaar weer kan sien

Al voer die dokters nog toetse uit om te identifiseer watter soort kanker Vinny het, “verwerk hy dit alles soos ’n dapper klein rakker”.

“Wel, die are van my heup beweeg na ’n ander plek reg agter my oog en maak dit skelerig,” sê Vinny, wat steeds van sy toestand probeer sin maak.

[caption id="attachment_125447" align="alignnone" width="600"]fsf Toe Vinny eendag van die skool af kom het hy vreeslik gekla oor kniepyne. Foto: GoFundme[/caption]

Ter ondersteuning het Vinny se grootouers ’n rekening vir die gesin op die skarefinansieringswebtuiste GoFundMe gestig. “Ons het die GoFundMe-rekening begin om die las op sy ouers, Jason en Amanda, te verlig. Amanda is ses maande swanger en Jason is ’n gevegsveteraan,” lui die beskrywing op die webtuiste.

“Dit sal Vinny se ouers in staat stel om daarop te konsentreer dat Vinny gesond word en die bose siekte genaamd kanker te bestry.”

Sowat R1,1 miljoen is binne agt dae met die GoFundMe-rekening ingesamel om “tallose doktersbesoeke, hospitaalverblywe en operasies” te dek.

Amanda het gesê: “Solank ons dit as ’n gesin doen, sal ons dit baasraak.”

Bronne: gofundme.com, fox40.com

Lees ook op Huisgenoot:

Herleef binnekort ons grootste sportoomblikke by die South African Sport Hall of Fame in Sun City

Oud-Bokkaptein hang sy ‘tokse’ op

Dié wetenskaplikes versorg Wladimir Lenin se gebalsemde lyk teen R3 miljoen per jaar!

Suid-Afrikaanse perdebyspesie na Hollywood-ster vernoem

‘Dronk’ bestuurder gevang wat nege vriende in Citi Golf druk