’n Hond het Dinsdag ’n sewejarige seuntjie aangeval toe hy na ’n winkel in New Germany, net buite Durban gestap het, sê paramedici.

Die seun se vriende en 18-jarige suster het saam met hom gestap, sê die ER24-woordvoerder Chitra Bodasing.

“Die hond het glo weggehardloop nadat die seun se vriende dit van hom af kon trek. Die seun se suster het hom huis toe geneem.”

Toe die paramedici by hom opdaag, het hy op die sitkamervloer met bytwonde en skaafplekke gelê. Hulle het hom behandel en hospitaal toe geneem.

Die oorsaak van die voorval is onbekend.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Jy sal nie glo hoe 7de Laan se Bart deesdae in Amerikaanse reeks lyk nie

‘Bid asseblief,’ pleit ma van vierjarige wat om sy lewe veg

Dapper vrou red haar man met geweld uit krokodil se kake

Moet ek my baas in sosiale media bevriend? Hier’s wenke oor aanlyn etiket

Ontstellende video wys hoe kleuter uit bewegende motor val en net weer opstaan