"Ek word 30 en sy verlaat my. Eina." In ’n inskrywing op Imgur deur die gebruiker superkt, wat intussen vinnig versprei het, lig klein Eva haar ma in dat hoewel sy die “beste ma ooit” is, is dit tyd vir haar om aan te beweeg. “Ek het jou lief, Mamma, omdat jy my toelaat om televisie te kyk,” begin die kaartjie heel onskuldig. “Dit was lekker saam met jou, maar ek sal binnekort moet aanbeweeg.”

I turned 30 and she leaves me. Ouch.

En soos ’n wafferse rokjagter, voeg sy dan by dat sy “sal bel”.

“Jy is die beste mamma ooit! Gelukkige verjaarsdag,” skryf sy en eindig met: “Liefde, Eva.”

Een gebruiker se kommentaar op die inskrwying, wat reeds meer as 900 000 trefslae op Imgur gekry het, was: “Kinders darem, hulle kan soms wreed wees. Moenie bekommerd wees nie, Mamma, jy sal iemand vind wat jou liefhet vir wie jy is, en nie net oor jou televisiestel nie!"

Ander stories op Huisgenoot.com

Philip Moolman het die skoot hoog deur ná verlowing

Tienermeisie sterf in hangmat-fratsongeluk

Blake Lively in sosialemediastorm ná omstrede Instagram-inskrywing

Leanne Manas lewer roerende huldeblyk aan Vuyo Mbuli drie jaar ná skokdood

Ons spesiale Huisgenoot-legkaart bied ’n lekker uitdaging!