Dis genoeg om enige sjokolis se knieë lam te maak.

Die Dairy Milk Spectacular 7 is ’n heerlike samevoeging van Cadbury se Dairy Milk-reeks: Caramel, Whole Nut, Fruit & Nut, Turkish Delight, Oreo, Daim-staaf en hul oorspronklike Dairy Milk in een plak van 200 g
Ongelukkig word net 50 van die spesiale uitgawe plakke vervaardig. Dit sal deel vorm van ’n Twitter-weggee deur @CadburyUK.

Bronne: metro.co.uk. mirror.co.uk