Dit maak nie saak hoe oud ons is nie, ons gebruik almal stories om ons lewe – in die verlede en nou – en ons moontlike toekoms te verken. Ander stories leer ons weer oor die lewe van ons familie en vriende. Stories lees en vertel bied ons ’n veilige ruimte om te verken en die lewe se struikelblokke te navigeer.

Dan is daar daardie stories wat ons ’n blik gee op die lewe van mense wat ons nog nooit ontmoet het nie, wat lank terug en op vergeleë plekke gewoon het. En daar is stories wat ons na denkbeeldige wêrelde neem waar die werklikheid vervaag en fantasie oorneem. Ons geniet dalk almal verskillende stories, maar verken hulle om dieselfde rede: Dit is net so bevredigend.

Om stories met jou kinders te deel is lekker en kragtig. Hier is sewe voordele van stories met jou kinders deel:

  • Stories help jou kind se verbeelding en kreatiwiteit ontwikkel.
  • Dit help jou kind se taalvaardighede en denkprosesse ontwikkel, veral wanneer hulle dit in hul moedertaal hoor of lees.
  • Dit verskaf voorbeelde van hoe mense struikelblokke oorkom.
  • Dit is nooit te vroeg om te begin nie. Of jou baba aan ’n kartonboek kou of jou kleuter oor en oor dieselfde storie wil hoor, kry hulle noodsaaklike taalkennis wat hulle later in die lewe gaan help.
  • As jy vir jou kinders stories vertel en voorlees, gaan hulle heel waarskynlik beter op skool presteer.
  • Kinders wat genotvolle storievertel- en leeservaringe het, is waarskynlik meer gemotiveer om self te lees.
  • Selfs ’n kwartier se lees saam met jou kinders kan ’n binne ’n jaar aan 1 miljoen geskrewe woorde blootstel.

Hierdie wenke kom met die komplimente van die Nal’ibali Lees-vir-Pret-veldtog. Besoek nalibali.org vir nog inligting oor hoe om vir kinders voor te lees en hoe om vir kinders van verskillende ouderdomme voor te lees.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.