Nege mense het Sondagaand tragies omgekom toe die minibus waarin hul gereis het, ’n vragmotor se sleepwa tref. Sewe van die nege insittendes was studente verbonde aan die Witwatersandse Universiteit.

Ses van die insittendes verkeer in ’n kritieke toestand, maar van hulle is glo in staat om meer te vertel van wat gebeur het.

Die groep van 15 was op pad terug van ’n gebeddiens by Moletji in Limpopo.

’n Vragmotor wat die wa gesleep het, het gerol. Die sleepwa het in die proses skynbaar halfpad op die N1 tot stilstand gekom. Die bestuurder van die minibus het dit vermoedelik nie betyds in die donker raakgesien nie.

Volgens Kaiso Mootane van Limpopo se departement van Vervoer het die minibus in vlamme uitgebars toe dit die sleepwa getref het.

Shirona Patel, Wits-woordvoerder het gesê daar word met groot hartseer kennis geneem dat sewe van hul studente in die ongeluk omgekom het. Bronne: Twitter.com, jacarandanews.co.za, netwerk24