Olivier Martinez (47) het bevestig sy verloofde, Halle Berry, verwag ’n seun.

Olivier het die nuus gister aan die tydskrif People bevestig en gesê hul seun sal ’n Amerikaanse burger wees, maar hy wat Olivier is, sal “Frans bly”.

Halle, wat reeds ’n vyfjarige dogter, Nahla, by haar eks Gabriel Aubrey het, het onlangs gesê sy is in die wolke om weer swanger te wees.

“Nahla is baie gelukkig,” het sy vertel. “Sy het God ’n rukkie gelede ’n sussie gevra, maar ek wou haar nie te veel hoop gee nie. Op 46 het ek nie geweet of ek ooit weer sou kon swanger raak nie.

“Ek en Olivier wou altyd ouers wees, maar ek wou nie te veel hoop nie. God het my droom waar gemaak. Die swangerskap is vir my soos ’n wonderwerk, ’n ongelooflike geskenk, want ons het omtrent gewens vir die kind. Dis soos ’n vernuwing van lewe . . . Goeie dinge gebeur nog.”