’n Sesjarige seun is in Durban dood nadat hy tydens die Diwali-fees ’n vuurwerk ingesluk het, berig The Star.

Tyreece Jordan Naicker het die vuurwerk Sondagoggend ingesluk, maar eers later daardie dag sy vir ma daarvan vertel.

Sy het hom laat opbring en ’n stuk van die vuurwerk gekry. Hy is na die hospitaal gehaas waar hy later dood is, berig die Gautengse dagblad.

Die seun se oom, Ronnie Naicker, het gesê hy is nie seker wat die vuurwerk genoem word en hoeveel hy ingesluk het nie.

Die punt van die vuurwerk moet op die grond gevryf word om dit te laat ontvlam, amper soos ’n mens ’n vuurhoutjie trek. Die vuurwerk stel ’n fontein vonke vry.

Ronnie het aan die koerant gesê die seun, wat op laerskool was, was die hele Sondag sy ou self, maar het Maandag agteruitgegaan.

- Sapa

Sapa