Die sewe-jarige Arno van Greunen van Meyerton, wat verlede week 45% brandwonde aan sy lyf opgedoen het nadat vuuraansteekgel in sy pa se hande ontplof het, is Maandag in die hospitaal in Pretoria oorlede, berig Beeld.

Sy pa, Schalk, het volgens berigte ’n vlam vir ’n fondue-ete aangesteek toe die jel ontplof het en Arno verbygeloop het.

Hy is in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal opgeneem en het gesterf weens die druk op sy organe, het Elsabé Coetzer van die Hero Burn Foundation, wat Arno en sy familie ondersteun het, aan Beeld gesê.

Bron: Netwerk24