Polisie in Ohio in die VSA is verstom oor die 13-jarige seun wat meer as R303 000 van sy oupa af gesteel het. Hy het toe die $100-note (elke noot sowat R1200 werd) aan sy klasmaats uitgedeel.

Owerhede het tot dusver amper R 85 000 teruggekry en probeer steeds vasstel hoe die seun die geld van sy 83-jarige oupa in die hande gekry het. Talle ouers, voogde en kinders word tans ondervra oor die geld wat reeds uitgegee is en daar is beslag gelê op die goed wat met die gesteelde geld gekoop is.

In hierdie stadium is dit nog onseker of daar ’n klagte teen die kind gelê gaan word.

Bronne: AP, medinagazette.northcoastnow.com