’n Pa het hierdie skreeusnaakse foto van sy geliefde 12-jarige seun se reaksie op ’n wipwaentjierit op die sosiale netwerk Reddit gedeel met die byskrif: “Dié wipwaentjie-foto gaan vir altyd by my seun spook (hier is sy normale gesig as verwysing).”

[caption id="attachment_106575" align="alignnone" width="600"]Foto: Imgur.com Foto: Imgur.com[/caption]

Will Poole het die foto van sy seun Kylan McKittrick op die Skyrush-wipwaentjie gedeel wat hy Saterdag tydens ’n gesinsuitstappie by Hershey Park in Pennsylvania, Amerika geneem het en binne drie uur het dit reeds ’n halfmiljoen trefslae gehad.

Bronne: themirror.co.uk, imgur.com