Twee dae nadat hul huis in Palm City, Florida deur ‘n maatskappy teen termiete behandel is, het Peyton, sy ma, Lori, pa, Carl, en sussie teruggekeer nadat aan hulle gesê dit is veilig om die huis binne te gaan. Maar daardie aand het hulle almal begin opgooi.

Terwyl die res van sy gesinslede stadigaan beter geword het, het Peyton se toestand verswak. Hy het begin om spierspasmas te kry en sy spraak en bewegings was ook belemmer.

Peyton is hospitaal toe geneem en vandaar na ’n inrigting. Volgens die dokters het hy heel moontlik lewenslange breinskade opgedoen.

“Hy het traumatiese breinskade en ’n verlies van motoriese vaardighede,” het Bill Williams, die McCaugheys se prokureur, aan CNN gesê.

Die McCaughleys het ’n GoFundMe-webblad geskep om Peyton se doktersrekeninge te help betaal.

Hulle sê hulle is oorweldig deur die ondersteuning. Mense het in slegs drie dae meer as $40 000 van die $100 000 wat die mikpunt is, geskenk.

Volgens die McCaughleys is Terminix verantwoordelik vir Peyton se toestand, maar tot dusver het die maatskappy nog geensins op enige van hul vrae en vrese reageer nie.

Bronne: news.com.au, Daily Mail