“Hy het van die begin af oop kaarte gespeel en skuld erken,” het Le Roux se regsverteenwoordiger, adv. Jacques du Preez, Donderdagmiddag oor die foon aan huisgenoot.com gesê.

Le Roux is skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade en lewenslange tronkstraf opgelê. Hy het nog ses jaar tronkstraf gekry weens ’n klag van poging tot moord.

Hy het haar lyk sowat 5 km ver met ’n Uno gesleep en dit in die bosse gelos.

Van der Merwe is op 27 Julie 2016 op Vermaaklikheid naby Riversdal in die Wes-Kaap vermoor.

Aanvanklik het Le Roux haar met miergif om die lewe probeer bring, maar dié plan het misluk. Drie weke later het hy haar met ’n graaf en toe ’n koevoet aangeval terwyl sy geslaap het. Daarna het hy haar lyk sowat 5 km ver met ’n Uno gesleep en dit in die bosse gelos.

“’n Sielkundige en ander kundiges het getuig sy ma het hom erg mishandel.”

Van Zyl sê hoewel Le Roux gestremd is en ondanks sy getuienis dat sy ma hom jare lank mishandel het, het regter Monde Samela hom steeds lewenslank tronk toe gestuur.

“Hy het ’n leergestremdheid. Hy het die akademiese leerkapasiteit van ’n 15-jarige,” het Du Preez gesê.

“’n Sielkundige en ander kundiges het getuig sy ma het hom erg mishandel.”

Volgens Du Preez sal hy namens Le Roux teen die vonnis appelleer. Hy hoop om binnekort ’n datum te kry waarop hy sy die aansoek kan bring.