Die voorval het Maandag in Ridgeweg plaasgevind, sê Chris Botha, woordvoerder van Netcare911. “Inligting van die toneel dui daarop dat die tiener teen die bult af geskaats het toe hy beheer verloor en teen ’n houtpaal bots. Paramedici het die 13-jarige seun op die grond gekry. Hy is matig beseer.”

Mediese werkers het die seun op die toneel gestabiliseer en hom toe na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Bron: News24

Lees ook:

Aardskudding in Durban laat Twitter gons

Nuwe aanlyn slenter teiken SABC