Adam Tharia van Cheltenham, Gloucestershire, is drie dae nadat hy verlede maand in Benhall Park gevind is, oorlede in die Bristol-kinderhospitaal.

Die polisie in Gloucestershire ondersoek nou ’n video wat aanlyn gedeel is waarin Adam (15) deur ’n ander tiener geslaan word terwyl ’n groep seuns toekyk en lag.

In die kort video staan Adam in ’n veld en dit lyk of hy hom regmaak vir die hou, maar hy lig nie sy hande om op hom te verdedig nie.

Die kamera zoem in op sy gesig nadat hy geval het.

Bronne: Sky News, Metro.co.uk