Johannesburg –

ER24 paramedici sê ’n omstander het hulle vertel die kind het buite gespeel toe hy in die swembad geval het. Die man, wat by die huis gewerk het, het ingespring en die kind probeer red, het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, gesê.

“Hy kon nie swem nie en het in die water sy bewussyn verloor,” sê hy.

Hy is op die toneel dood verklaar. Die kind is met privaatvervoer na die Mediclinic in Sandton geneem, maar is ook met sy aankoms dood verklaar.

Pieter het ’n beroep op mense gedoen om versigtig rondom swembaddens te wees en gesê kinders moet nooit sonder toesig naby water gelaat word nie.

“Jy moet nooit inspring agter iemand aan wat dalk besig is om te verdrink nie. Gebruik eerder ’n tou, stok of dryftoestel om te help,” het hy gesê.

Bron: News24