’n Vierjarige seun is tot burgemeester van sy dorp in Amerika verkies.

Robert Tufts, van Minnesota, sal die dorp Dorset ’n jaar bestuur nadat sy naam by Taste of Dorset-fees getrek is, berig die New York Daily News.

Kathy Schmidt, ’n inwoner van Dorset, sê: “Hy is reguit en uitgesproke. Jy kan jou nie voorstel watter vuurvreter hy is nie.”

Die dorp met ’n bevolking van net 22, staan as die restauranthoofstad van die wêreld bekend, want dit het die grootste aantal kosplekke per capita, naamlik een vir elke sowat ses inwoners.