Volgens Wade Magers, sjerif van Lincoln County, is die tienerseun uitgeken met behulp van ’n veiligheidsvideo, asook onderhoude en die insameling van bewysmateriaal.

Wade sê die seun is minderjarig; daarom kan sy identiteit nie bekendgemaak word nie. Wade sê een van die ontvoerde prooi se jong sibbes het ook die verdagte uitgeken.

Die 15-jarige is na ’n jeug-aanhoudingsentrum geneem op aanklag van beweerde menseroof, sê Wade. Die kantoor van die staatsaanklaer in Lincoln sal besluit oor die formele aanklag. Wade het die media, wat foto’s van die verdagte versprei het, bedank asook die publiek vir die verskaffing van wenke.

Die kind se twee sibbes het gegil en hom gejaag.

Die saak het wyd aandag getrek toe dramatiese grepe van die veiligheidsvideo verlede Sondag ’n man toon wat met ’n kleuter in sy arms op ’n sypaadjie hardloop.

Die kind se twee sibbes het gegil en hom gejaag. Die voorval het geëindig toe twee tienerseuns by die jaagtog aansluit, waarna die ontvoerder die kleuter neergesit en op die vlug geslaan het. Die kleuter is nie beseer nie.

Die storie het begin toe Michael Wright Sondag sy drie kinders by ’n kinderoppasser in Sprague gelaat het terwyl hy werk toe is. Die kinders – Brenden (10), Delicia (8) en die kleuter – het sonder toesig in ’n stadspark naby die oppasser se huis gespeel.

Polisiebeamptes sê die verdagte het ’n paar minute met die kinders gepraat, die kleuter uit sy stootwaentjie gegryp en straataf gehardloop. Op ’n veiligheidsvideo by ’n kruidenierswarewinkel kan die ontvoerder gesien word waar hy met die kind in sy arms hardloop, met Delicia wat hom jaag, en Brenden nie ver agter haar nie.

Volgens die sjerif se kantoor het die ontvoerder die kind op ’n leë erf neergesit en gevlug toe die ouer seuns naderkom.

Kyk hier na die video: