James Franco het sy eie weergawe van Kanye West se musiekvideo vir sy liedjie Bound 2 gemaak waarin Seth Rogen bostukloos as Kim Kardashian verskyn.

Die akteurs het elke toneel nageboots van die video waarin Kanye op ’n motorfietsry ry terwyl sy bostuklose verloofde, Kim, wydsbeen op hom sit. Hulle noem dit Bound 3.

Seth maak suggestiewe bewegings op James, wat ’n bont T-hemp dra, terwyl hulle teen ’n woestyn-agtergrond ry. Toe hy die video op Instagram laai, het James geskryf: “#bound3 #sethrogen #love – ’n Video wat ek en Seth in ons vrye tyd gemaak het.” En langs ’n foto van hulle wat mekaar passievol soen, het hy geskryf: “Ek is lief vir Seth.” James en Seth het die spotvideo gemaak tydens ’n blaaskans van verfilming aan hul jongste fliek, The Interview. Kanye het sy video vir Bound 2 verlede week uitgereik en toe hy gevra is hoekom hy soveel gewaagde tonele ingesluit het van sy meisie, wat in Junie die lewe geskenk het aan hul eersteling, North West, voor sy ’n dieet gevolg het om die gewig af te skud, het Kanye gesê sy het ’n hoofrol “verdien”. “Dit was fantasties. Ek dink Kim is ongelooflik en sy het so ’n oomblik verdien.” So het Kim op Twitter op James se video reageer: “Julle slaan die spyker op die kop! Dis skreeusnaaks! RT @Sethrogen: #Bound3  …. Geniet dit!!!!!!”

Kyk hier na die spotvideo:

En die oorspronklike:

Of kyk albei langs mekaar:

-BangShowbiz