’n Sestienjarige meisie het nie net ’n vliegongeluk in ’n afgeleë deel van die Amerikaanse deelstaat Washington oorleef nie, maar ook die daaropvolgende twee dae toe sy haar weg na die beskawing probeer vind het.

Autumn Veatch was saam met haar stiefgrootouers, Leland en Sharon Bowman, op pad van Kalispell in Montana na Lynden in Washington. Hul ligte vliegtuig het om ’n onverklaarbare rede oor die North Cascades Nasionale Park in Washington teen ’n berg gebots.

Sowel Leland as Sharon het in die ongeluk omgekom. Die owerheid het gevrees Autumn is ook dood nadat hulle nie die vliegtuig op radar kon opspoor nie. Maar Autumn het die ongeluk oorleef.

Autumn het die ongeluk oorleef.

Sy was aanvanklik onseker en het besluit om eers by die wrak op hulp te wag, maar toe geen hulp opdaag nie, het sy begin stap.

Nadat sy twee dae lank deur die wildernis gestap het, het sy ’n groep stappers raakgeloop wat haar na die naaste dorp geneem het.

Daar kon sy vir die eerste keer haar pa, David, van die hospitaal af bel.

Die owerheid het hul ongeloof uitgespreek dat só ’n jong mens so ’n uitmergelende tog deur onherbergsame terrein kon oorleef en dit nadat sy boonop ’n vliegongeluk oorleef het.

Bronne: Mirror, The Guardian