Pretoria –

[caption id="attachment_112795" align="alignleft" width="600"]Foto: Armando Maynez, Flickr Foto: Armando Maynez, Flickr[/caption]

Die ma het Dinsdagaand ’n harde slag gehoor terwyl hulle geslaap het, het konst. Tumisang Moloto, ’n polisiewoordvoerder, gesê. Dis gevolg deur angskrete van haar kind.

“Die vrou en haar dogter het glo geslaap toe hulle ’n harde geluid op die dak hoor. Haar dogter het begin skree en dis toe dat die vrou besef die kind is in die been getref.”

Tumisang sê die polisie probeer nog die motief vir die skietery vasstel.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. ’n Saak van poging tot moord is by die Atteridgeville-polisiekantoor vir verdere ondersoek geopen.

Bron: News24