Die twee boeties was besig om by hul ouerhuis in Chicago, Amerika, te speel toe ouboet sy pa se geweer optel en sy kleinboet skiet. Hulle was besig om ‘cops and robbers’ te speel.

Die driejarige Eian Santiago is in die gesig getref. Hy is dadelik hospitaal toe gehaas, maar is later dood.

Intussen is sy pa, Michael, in hegtenis geneem op ’n aanklagte dat hy sy kinders in gevaar gestel het. Michael hou vol hy het die geweer as beskerming gehad omdat hy voorheen in ’n bende betrokke was. Michael het vir sy lewe gevrees ná hy ’n medebendelid wat ’n moord gepleeg het, by die polisie gaan verklik het.

The Chicago Tribune het geskryf die geweer was “in pajamas toegedraai bo-op die yskas” en dat die 25-jarige Michael sy sesjarige seun gewys het waar dit is.

Michael is nog agter tralies totdat hy sy borg van byna R100 000 betaal.

Bronne: SkyNews; The Chicago Tribune