In ’n voorval wat kort for halfsewe Saterdagaand plaasgevind het, is ’n sesjarige meisie en drie volwassenes beseer.

Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, was daar ’n botsing tussen twee motors op die Solomon Mahlango-rylaan in Garsfontein, Pretoria. Dit wil voorkom asof die een motor teen die agerkant van ’n ander gebots het.

Die sesjarige meisie en drie ander beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na ’n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die polisie ondersoek die voorval verder.