Vertel stories

Vertel stories om jou kind se verbeelding te stimuleer en hul taal ontwikkel. Luister ook na hul stories en toon belangstelling daarin. Sodra kinders besef stories word ook in boeke aangetref, gaan hulle self ook wil begin lees.

Lees saam

Slegs 10 minute per dag met ’n goeie storieboek kan die verskil beteken. Goeie lesers in die klas is gewoonlik dié wat tuis ná skool saam met familie en vriende lees.

Wees aanmoedigend

Vroeë pogings om te lees en skryf is net so kosbaar soos jou baba se eerste woorde. Jong kinders begin lees en skryf en het baie aanmoediging nodig om hul selfvertroue ’n hupstoot te gee. Luister wanneer hulle kamma-lees en kamma-lees wat hulle geskryf het. Hulle moet soos lesers en skrywers optree om lesers en skrywers te word.

Lees en skryf

Laat jou kind toe om jou in jou dagtake te sien lees en skryf. Laat hulle jou sien inkopielyste en briewe skryf en roosters, briewe en koerante lees.

Gebruik jou huistaal

Eerste stories moet in jou kind se huistaal wees. ’n Sterk basis in die kind se huistaal is die basis vir suksesvolle geleerdheid, want ons moet goed verstaan om goed te leer. Wanneer kinders hul huistaal goed onder die knie het, kan hulle ander tale (en lees en skryf) goed baasraak.

Kry boeke

Boeke is duur; sluit dus by ’n biblioteek aan – en gebruik dit! Die bibliotekarisse is daar om jou te help.

  • Hierdie wenke is van die Nal'ibali Lees-vir-Pret Veldtog. Besoek nalibali.org vir nog inligting om hoe vir kinders voor te lees asook hoe om vir kinders van verskillende ouderdomme voor te lees.