Liewenheersbesie en by

[caption id="attachment_2954" align="alignnone" width="300"]Gespeld van erin-specialeducation.blogspot.com Gespeld van erin-specialeducation.blogspot.com[/caption]

Is dit nie te oulik nie! Erin Jackson van Utah in Amerika het dit saam met haar leergestremde leerders gemaak. So maak jy jou eie:

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • Harde papier of karton
  • Rooi, geel en swart plakkaatverf
  • Swart veltpen
  • Glinstergom (opsioneel)
  • Potlood met ’n uitveër aan die een kant
  • Verfkwas
  • Ogies wat self vasplak
  • Nat lappe, handdoekpapier of vogdoekies vir vuil hande en voete

Maak so:

Lê eers genoeg koerantpapier neer om jou vloere te beskerm. Wend genoeg verf aan vir die lyf (rooi en swart vir die liewenheersbesie en geel vir die by) aan die voet. Druk af op die papier of karton (dalk moet jy eers op koerantpapier oefen). Laat droog word.

Nou kan jy die detail byvoeg: Druk die ogies op en gebruik die veltpen om detail soos wenkbroue, vlerke en voelers te teken. Gebruik die verfkwas om die by se strepe te teken. Doop die potlood se uitveër en maak die besie se swart kolle. Vul die vlerke met glinstergom indien verkies en laat droog word.

Rooibors-Janfrederik

[caption id="attachment_2958" align="alignnone" width="300"]Gespeld van creatingreallyawesomefreethings.com Gespeld van creatingreallyawesomefreethings.com[/caption]

Maak net een, of gebruik albei voete vir ’n paar voëls wat na mekaar kyk. Die webtuiste waar die foto van gespeld is, het baie meer idees vir soortgelyke projekte. Klik hier vir nog idees.

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • Harde papier of karton
  • Bruin en rooi plakkaatverf
  • Swart en oranje veltpenne
  • Stukkie rooi of oranje harde papier en gom (opsioneel)
  • Verfkwas
  • Koerant
  • Nat lappe, handdoekpapier of vogdoekies vir vuil hande en voete

Maak so:

Lê eers genoeg koerantpapier neer om jou vloere te beskerm. Wend genoeg bruin verf aan die voetsool vir die lyf. Druk af op die papier of karton (dalk moet jy eers op koerantpapier oefen). Gebruik die verfkwas en rooi verf om die rooi bors te skep. Laat droog word. Voeg nou die oog, bek en voete by: sny die bek uit die papier en gom vas of teken dit met die oranje veltpen. Voeg oranje bene en ’n swart kol vir die oog by.

Skoenlapper

[caption id="attachment_2955" align="alignnone" width="300"]Gespeld van downtownsacramento.macaronikid.com Gespeld van downtownsacramento.macaronikid.com[/caption]

Gebruik eenvoudige kleure of gaan wild met ’n kombinasie helder skakerings vir jou eie interpretasie van dié skoenlapper.

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • Harde papier of karton
  • Plakkaatverf in die kleure van jou keuse
  • Verfkwas
  • Koerant
  • Nat lappe, handdoekpapier of vogdoekies vir vuil hande en voete

Maak so:

Lê eers genoeg koerantpapier neer om jou vloere te beskerm. Wend genoeg verf aan die een voet (vir die vlerk) in die kleurkombinasie van jou keuse. Druk af op die harde papier of karton; die regtervoet vir die linkervlerk en omgekeer. Maak ook seker jy los genoeg spasie vir die lyf tussen die twee (dalk moet jy eers op koerantpapier oefen). Was die voet en herhaal met die ander voet. Laat droog word. Gebruik nou die verfkwas om die lyf te teken. Laat droog word.

Toontjie-tulpe

[caption id="attachment_2959" align="alignnone" width="225"]Gespeld van Nicole Mae Gespeld van Nicole Mae[/caption]

Dié oulike ontwerp is perfek vir ’n kaartjie vir ouma, maak skep ’n ekstra een vir die yskas!

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • Harde papier of karton (met ’n boodskap op indien verkies)
  • Groen en rooi plakkaatverf
  • Groen veltpen (opsioneel)
  • Verfkwas
  • Koerant
  • Nat lappe, handdoekpapier of vogdoekies vir vuil hande en voete

Maak so:

Lê eers genoeg koerantpapier neer om jou vloere te beskerm. Wend genoeg rooi verf aan een voetsool op ’n slag; druk af op die papier. Wend weer verf aan en maak seker jy laat genoeg spasie tussen die blomme (dalk moet jy eers op koerantpapier oefen). Was die voet en voltooi elke tulp met die ander voet. Laat droog word.

Gebruik nou die verfkwas en groen verf vir die stele, blare en gras (of teken die gras met die veltpen). Laat droog word.

Geel kuiken

[caption id="attachment_2956" align="alignnone" width="300"]Gespeld van crafty-crafted.com Gespeld van crafty-crafted.com[/caption]

Eenvoudig en oulik.

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • Harde papier of
  • Geel plakkaatverf
  • Swart en rooi veltpenne
  • Ogies wat self vasplak
  • Koerant
  • Nat lappe, handdoekpapier of vogdoekies vir vuil hande en voete

Maak so:

Lê eers genoeg koerantpapier neer om jou vloere te beskerm. Wend genoeg geel verf aan die voetsool; druk af op die papier (dalk moet jy eers op koerantpapier oefen). Doop drie vingers in die verf en druk aan die lyf vir die vlerke. Laat droog word.

Teken die bek en voete met die veltpen en plak die ogie op.

- Alfie Steyn

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.