Ses mense het ernstige brandwonde opgedoen tydens ’n ontploffing by die Swartkops Lugskou vroeër Saterdagmiddag. Paramedici was gelukkig byderhand toe ’n kooksproeibottel, vermoedelik Spray n Cook, by ’n kosstalletjie ontplof het.

“Ses mense het ernstige brandwonde opgedoen en verkeer in ’n ernstige toestand, het Netcare 911 se woordvoerder, Chris Botha, in ’n verklaring bekend gemaak.

A video posted by Caren Human (@curls46) on
Die beseerdes is na verskeie nabygeleë hospitale geneem vir mediese behandeling. Die Swartkops Lugskou is ’n jaarlikse byeenkoms wat by Zwartkop, Centurion gehou word.

Bronne: news24.com, rekordcenturion.co.za, sowetanlive.co.za

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Hulle gil, skree en baklei in hul slaap!’: Kenners gee raad as jou geliefdes aan vreesaanvalle snags ly

Nutella, Nike, Huawei: handelsname wat jy waarskynlik al die tyd verkeerd uitspreek

Sadag-hulplyn: Dis hoe ’n vriendelike, empatiese stem aan die ander kant van ’n telefoonlyn iemand se lewe kan red

Testikulêre kanker: Wat elke man moet weet