Die ongeluk het op die N8 tussen Thaba Nchu en Botshabelo, sowat 45 km buite Bloemfontein, gebeur.

"Voorlopige verslae dui daarop dat twee motors aanvanklik trompop gebots het en vyf mense gedood het. Dit het ’n kettingreaksie tot gevolg gehad waarin drie ander motors op dieselfde toneel gebots het," het die korporasie in ’n verklaring gesê.

"Die derde voertuig het deur die toneel gery en teen die wrakstukke gebots.

"Die vierde voertuig het stadiger gery om die toneel te mis, maar ’n vyfde kon nie betyds stop nie en is toe agter in die vierde voertuig vas. Een persoon is dood."

Die polisie ondersoek die voorval.

Bron: News24