Die Bulls-senter Jan Serfontein sal Saterdag sy eerste wedstryd vir die Springbokke begin. Ná die Boksenter Frans Steyn se skok-onttrekking aan die groep was die groot vraag voor Saterdag se toets teen Wallis wie in sy plek gekies sal word.

Die jong senter het al voorheen as plaasvervanger vir die Bokke gespeel, maar het gesê hy is baie opgewonde om in die beginspan te wees. “Ek sien baie uit daarna om saam met JP Pietersen te speel. Hy is ervare en het al die eienskappe om ’n uitstekende nommer 13 te wees.”

Die Cheetahs-slot Lood de Jager is ook vir die eerste keer by ’n Springbokspan op die reserwebank ingesluit.

:

Willie le Roux

Cornal Hendricks

JP Pietersen

Jan Serfontein

Bryan Habana

Morne Steyn

Fourie du Preez

Duane Vermeulen

Willem Alberts

Francois Louw

Victor Matfield

Bakkies Botha

Jannie du Plessis

Bismarck du Plessis

Gurthrö Steenkamp

Plaasvervangers:

Schalk Brits

Tendai Mtawarira

Coenie Oosthuizen

Lood de Jager

Schalk Burger

Ruan Pienaar

Johan Goosen

Lwazi Mvovo.