Die eerste seisoen van Sêr het verlede jaar behoorlik mense aan die praat gehad en vanjaar gaan geen uitsondering wees nie.

Sêr volg die drie jong en baie talentvolle aanbieders, Lee Scott en die tweeling, Marco en Marcel Spaumer, waar hulle by die vyf hoof universiteitskampusse ’n draai maak om te sien hoe hulle koshuise oefen vir die jaarlikse Universiteite Sêr.

Vanjaar word Sêr weer verfilm en sal daar 9 episodes vanaf 30 November om 21:30 op KykNET, kanaal 144 op DSTV uitgesaai word.