Statistieke Suid-Afrika het die bevindings van die 2011 Sensus wat laasjaar in Oktober gehou is bekend gemaak.

Hier is van die belangrikste bevindings:

• Daar is nagenoeg 51.8 miljoen mense wat in Suid-Afrika woon, 7 miljoen meer as wat in die 2001 sensus getel is.

• Van die 51.8 miljoen is ongeveer 26.6 miljoen vroue en 25.2 miljoen mans.

• Gauteng is Suid-Afrika se mees bevolkte provinsie met 12.3 million mense wat daar woon.

• In terme van landgebied is die Noord-Kaap Suid-Afrika se grootste provinsie, maar dit is ook die land se ylbevolkste, met 1.1 miljoen mense wat daar woon.

• 22.7% van Suid-Afrikaners het aangedui isiZoeloe is hul eerste taal, gevolg deur 16% wat isiXhosa praat en 13.5% wat Afrikaans praat. Vierde is Engels wat deur 9.6% van die bevolking as eerste taal gepraat word.

• Afrikaans is die grootste eerste taal in beide die Wes-Kaap (49.7%) en die Noord-Kaap (53,8%).

• Meer as 5.6 miljoen Suid-Afrikaners is onder die ouderdom van vier, die grootste ouderdomssgroep in die land.

• The aantal Suid-Afrikaners met geen formele skoolopleiding, het meer as halveer van 17.9% in 2001 tot 8.6% in 2011.

Klik hier om nog van die sensus resultate te sien.