[caption id="attachment_163556" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Volgens berigte is Frikkie voor sy rekenaar in die rug doodgeskiet. Dit blyk in hierdie stadium asof daar niks uit die opstal van die Vaalbank-plaas, waar Frikkie die laaste nege maande sedert sy egskeiding gewoon het, gesteel is nie.

Volens die polisie het die voorval óf Vrydagnag of vroeg Saterdagoggend plaasgevind. Netwerk24 berig die polisie het tydens hul ondersoek gesien een van die plaashuis se ruite is gebreek.

Die vermoede bestaan dat Frikkie deur die venster in die rug geskiet is en dat die moordenaar nooit toegang tot die huis verkry het nie.

Nog geen verdagtes is tot dusver in verband met die voorval aangekeer nie.

Bemoedigende boodskappe het in die sosiale media ingestroom met Bets de Bruyn wat op Facebook skryf Frikkie het ’n "waardevolle bydrae tot die wetenskap en navorsing in Suid-Afrika gelewer".

Frikkie se doktorsgraad het gehandel oor die ontstaan, ontwikkeling en verloop van landbou in Suid-Afrka.

“Hy was die gaafste man (in ons Fakulteit)," vertel Martie Maree Meyer, ’n kollega.

"Ons is hartseer, moedeloos en baie kwaad," sê Frikkie se buurvrou, Jacomien de Bruyn. "Sy kinders is nog klein en het hom nodig; hy het soveel gehad om (nog) terug te gee aan sy land ... al daardie kennis is verlore.”

Huisgenoot het die polisie genader om kommentaar.

Bykomende bronne: news24.com, Facebook