Pieter van Zyl

SY IS trots en dankbaar. Want Estelle Wessels (62) is die eerste mens ter wêreld wat ’n revolusionêre nuwe kankerbehandeling ontvang – en wie weet watter wonder wag dalk nog vorentoe?

Estelle is ’n slagoffer van dodelike longkanker, maar nou het sy nuwe hoop nadat sy gekies is as heel eerste ontvanger van drie antwoordsenderbakens, elk so groot soos ’n ryskorrel, wat in die kankergewas aan haar linkerlong ingeplant is.

Die gewas is groot: Dit sit al om haar aorta en teen haar slukderm, maar die inplantings help sedert Oktober verlede jaar om bestraling akkurater en intenser op die gewas in te stel en dit hopelik verder te laat krimp.

“Ek voel dit glad nie en dit was ook nie seer toe dit ingeplant is nie. Ek is die armste, rykste vrou met goue Tastic in my longe,’’ skerts Estelle oor die goudkleurige korrels wat sy nou binne haar dra.

Sy kyk oor die lowergroen kwekery wat een van haar drie seuns bedryf hier op die kleinhoewe buite Malmesbury waar sy en haar man, Chris (76), woon. Dan raak sy bewoë.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 28 April 2011