Hy is tans in die land vir sy What Now?-komedietoer en het in Kaapstad, Durban en Johannesburg opgetree. En as ’n mens sy Instagram-blad kan glo, kan hy nie genoeg kry van ons land en mense nie.

A photo posted by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

Hy is duidelik uiters gewild hier. Toe hy in die Moederstad land, het 300 aanhangers hom op die lughawe ingewag.

Lees ook: Bekende Sharks-rugbyspeler glo by kroeggeveg betrek Van hulle het plakkate omhoog gehou waarop sy naam en van sy sêgoed gepryk het. Kevin, wat al gesig gewys het in flieks soos Ride Along en Think Like A Man, het sedert sy aankoms hier talle selfies op Instagram met sy 32,6 miljoen aanhangers gedeel terwyl hy die land verken. Kyk: Lokprent vir Central Intelligence waarin Kevin Hart en Dwayne 'The Rock' Johson verskyn

A photo posted by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

A photo posted by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

A photo posted by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

In Kaapstad het hy en sy “rib” – soos hy sy verloofde, Eniko Parrish, noem – foto’s laat neem en selfies geneem op Vlaeberg voor Tafelberg, by ’n helikopter en terwyl hulle in die V&A Waterfront-winkelsentrum uithang.

A photo posted by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

A photo posted by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

A photo posted by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

Die paartjie, wat in Augustus 2014 verloof geraak het, het ook die Leeupark buite Johannesburg besoek waar hulle ’n selfie saam met twee leeus geneem het.

A photo posted by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

A photo posted by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

A photo posted by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

Lees ook: Francois van Coke gesels oor ouderdom en sê hoe dit hom verander het “Die ervaring was onwerklik!” het hy op Instagram laat hoor. “Ek is mal oor Suid-Afrika.” In nog ’n skreeusnaakse video waar hy van naby kennis maak met ’n leeu, wat hy skerts hy vir R37 miljoen gekoop het, sê hy: “As jy niks weet van Suid-Afrika nie, stel ek voor jy leer meer oor dié land. Dis wonderlik. Die mense is wonderlik. Die stede is wonderlik. Ek geniet my gate uit. Selfs die leeus is koel.”

A video posted by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

Hy het ook op ’n perskonferensie gesê hy wil terugkeer om sy Move With Hart-projek te bemark.

Dit moedig mense aan om gesond en fiks te bly. Ons is bly om dit te hoor.

– Deur Lara Atson

Ander stories op Huisgenoot.com:

Huisgenoot-joernalis skryf hoe dit voel om konstant op die wipplank van bipolêre steuring te ry

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei

‘Sy gee my hoop’: Neels van Jaarsveld gesels oor die toekoms, die liefde in sy lewe

Jy sal nie glo saam met watter superster Juan de Jongh in Brasilië ’n selfie geneem het nie!

Kyk: Blinde terapiehond Smiley doen sy naam gestand