Dit is belangrik vir paartjies om alleentyd te hê weg van die kinders. Die aktrise Jessica Alba, ’n ma van twee, dink dit is noodsaaklik dat sy steeds op afsprake gaan saam met haar man. Die 33-jarige aktrise is al ses jaar getroud met Cash Warren, maar sy erken hulle sit gereeld tyd opsy om mekaar se geselskap te geniet.

In antwoord op die vraag of sy en Cash steeds op afsprake gaan, het sy geantwoord: “Ja! Absoluut. Ek dink dis nodig; jy moet dit doen. Ons doen enigiets, selfs TV kyk met ’n bak springmielies. Ander kere gaan bly ons in ’n hotel naby ons huis vir ’n mini-vakansie.”

Die Sin City-ster – wat twee dogters, Honor (6) en Haven (3), by Cash het – dring daarop aan hulle het ’n sterk verhouding omdat hulle mekaar respekteer.

Sy het aan die tydskrif Parade gesê: “Weet jy, ek dink ons respekteer mekaar baie en ons waardeer mekaar se opinie en tyd. Ek voel ons is ’n span, ons is nie kleinlik met mekaar nie en ons kommunikeer baie.”

Intussen probeer die donkerkopskoonheid haar loopbaan, moederskap en eko-vriendelike onderneming, The Honest Company, balanseer. Maar sy bieg sy het ’n wonderlike span agter haar wat haar met alles help.

Sy het verduidelik: “Dit is moeilik om alles te balanseer. Ek voel altyd die een ding word afgeskeep. Ek het regtig ’n sterk span by The Honest Company en my vennote is ongelooflik. As hulle nie daar was om die onderneming tydens my afwesigheid te bedryf nie, was ek in diep moeilikheid.”

- Bang Showbiz

  • Klik hier vir vyf wonderlike afspraak-idees en hier vir wenke oor wat om met die kinders te doen wanneer julle uitgaan.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.