.

Saam met die motor het hulle ook 'n agtjarige seun 'gesteel'. Hulle het nie besef sy ma het hom in die motor laat wag voordat sy hom skool toe sou neem nie. Hierdie was 'n gereelde instelling waar sy gou eers haar kantoor oopsluit en hy intussentyd in die motor agterbly en na musiek luister.

Die arme ma moes buite haarself gewees het toe sy besef dis nie net haar motor wat weg is nie, maar ook haar kind.

Maar hierdie storie het, anders as talle, 'n baie gelukkiger einde.

Die motordiewe het besluit die seun durf nie skool misloop net omdat hulle sy ma se motor gesteel het nie. Daar doen hulle die absoluut-onverwagte: hulle gaan laai hom by die skool af.

Die agtjarige was min gepla toe die polisie hom in sy klaskamer opgespoor het -'asof niks gebeur het nie'.

Boonop is die motor teruggevind omdat sy ma toevallig haar iPhone in die motor agtergelaat het. Danksy die sagteware op haar slimfoon kon die motor opgespoor word.

Bron: metro.co.uk, news.com.au