Pres. Donald Trump het in die eerste sewe dae van sy presidentskap geen gras onder sy voete laat groei nie.

Sy vingers het ook nie teruggestaan om sy sê op Twitter te sê nie. En het hierdie man vir jou planne vir een van die magtigste nasies in die wêreld!

Hier is van die twiets wat pres. Trump in sy sewe dae uitgestuur het. Sedert Trump in 2009 Twitter begin gebruik het, het hy al meer as 34 000 twiets die kuberruim ingestuur. Op 20 Januarie het hy 12 twiets uitgestuur, waarvan hierdie een die merkwaardigste is:

Kan die twiet oor die grense dalk verwys na die muur wat hy tussen Amerika en Mexiko wil laat bou? Op 21 Januarie het meer as 4,8 miljoen mense opgeruk na Washington, D.C. om vir vroueregte te betoog omdat sommige Trump as ’n chauvinis beskou. Trump het hierop gereageer met ’n diplomatiese twiet.

Dag drie was ook besig vir dié rooimier.
Hy het ook een van die grootste nuusagentskappe in Amerika aangeval.
Hy wil ook met alle vuur en erns daai gewraakte muur langs Mexiko bou.
En nog beter, hy wil hê Mexiko moet daarvoor betaal.