As jy in die strik getrap het van die nuwe selfoonslenter wat die rondte doen, is daar raad.

hoax_survey

Die slenter verbind jou tot ’n intekendiens wat jou R7 se lugtyd per dag uit die sak gaan jaag as jy dit nie stop nie.

Vir elke selfoonnetwerk is die prosedure anders om dit te stop. In sulke slenters word WASP-dienste gebruik; jy moet dus al die WASP-subskripsies beëindig wat op jou nommer aktief is.

VIR VODACOM-GEBRUIKERS

  • Om jou van alle WASP-dienste te verlos, stuur ’n SMS met die woorde “STOP ALL” na 30333.
  • As jy op enige WASP-diens ingeteken is, sal jy ’n SMS terugontvang wat lui: “Your Vodacom request to delete all WASP services has been logged.”
  • Kort daarna sal jy ’n bevestigende SMS kry wat lui: “You have been unsubscribed from ‘(die betrokke diens)’ with effect from ‘(datum)’.”
  • As jy ’n SMS kry waarin gesê word jou poging het misluk, beteken dit jy was op geen WASP-diens ingeteken nie.
  • As jy steeds probleme ondervind, bel Vodacom se hulplyn by 111.

VIR MTN-GEBRUIKERS

  • Bel *141*5# van jou selfoon af.
  • Kies die opsie “Content Services” (opsie 2 of 3).
  • As jy op enige WASP-diens ingeteken is, sal dit hier verskyn met die opsie om dit te kanselleer.
  • As jy steeds probleme ondervind, bel MTN se hulplyn by 173.

VIR CELL C-GEBRUIKERS

  • Bel *133*1# van jou selfoon af.
  • Hier kan jy enige WASP-dienste stop. Daar is ook ’n opsie om enige toekomstige subskripsies te stop.
  • As jy steeds probleme ondervind, bel Cell C se hulplyn by 140.

VIR TELKOM MOBILE-GEBRUIKERS

  • Bel die Telkom Mobile-hulplyn by 180 om die subskripsie te stop.