Watter vrae het jy vir die banke en selfoonoperateurs oor internetbankveiligheid? Deel jou kommentaar hieronder of stuur jou vrae per e-pos na rvanrens@media24.com.   Dat selfoon- en internetbedrog ’n ernstige probleem is, blyk nou weer uit die stortvloed reaksie nadat Esmaré Weideman, ’n vorige hoofredakteur van Huisgenoot en die uitvoerende hoof van Media24, so besteel is: Iemand het sowat R1,5 miljoen van haar huisverbandrekening na haar tjekrekening oorgeplaas. Hiervan is sowat R360 000 in kleiner bedrae in ’n vals begunstigderekening elders betaal voor Absa haar rekeninge kon bevries.