Sy beweer haar ginekoloog het sy selfoon in haar maag laat val tydens ’n keisersnee en sy het dit eers agtergekom toe dit binne haar begin vibreer.

Hanan Mahmoud Abdul Karim van Jordanië is op 24 April by ’n privaat hospitaal in die hoofstad Amman toegelaat. Nadat sy die lewe aan ’n gesonde babaseuntjie geskenk het, het sy huis toe gegaan omdat alles goed gelyk het. Eers toe haar maag begin vibreer, het sy besef die dokter het dalk per ongeluk sy selfoon in haar laat val.
’n Parlementslid van Jordanië wil nou hê die dokter moet bedank oor die beweerde skandaal.

“My dogter het ernstige pyn ervaar en kon nie beweeg nie,” sê Hanna se ma, Majeda Abdul Hamid. “Ek het haar terug na die hospitaal geneem, maar sy behandel is, maar hulle het niks verder vir haar gedoen nie.”

Hanan is daarna na bewering na die ongevalle-afdeling van die Al Bashir openbare hospitaal gejaag waar X-strale gewys het daar is ’n vreemde voorwerp in haar maag. Sy sê dokters het vinnig geopereer om die foon te verwyder.

’n Parlementslid van Jordanië wil nou hê die dokter moet bedank oor die beweerde skandaal.

Bronne: mirror.co.uk, dailymail.co.uk