Navorsers van die Bristol Robotics-laboratorium het die eksperiment uitgevoer waar urien met verskeie mengsels reageer het, en ’n Samsung-toestel genoeg kon herlaai word sodat iemand ’n kort oproep kon maak, ’n boodskap kon stuur of die internet kon besoek.

“Dis ’n opwindende ontdekking,” het dr. Ioannis Ieropoulos van die Universiteit van die Weste van Engeland aan die Royal Society of Chemistry Journal gesê. “Om ’n afvalprdouk as ’n kragbron te gebruik om elektrisiteit te vervaardig is omtrent omgewingsvriendelik. ’n Oproep gebruik die meeste van die energie, maar ons sal nog ’n punt bereik waar ons batterye vir langer tydperke kan herlaai.”