Selfone en die wet

  • Ondersoekers mag nie sommer net na jou selfooninhoud kyk of selfoonstate aanvra nie.
  • Hulle het ’n hofbevel nodig en moet noukeurig daarin meld tot watter inligting hulle toegang nodig het.
  • Die hofbevel kan ’n ondersoekbeampte toegang gee tot alles, van selfoonstate en die gebruiker se kontaklys tot foto’s en video’s op die selfoon of die foon se mediakaart.
  • Dit kan ook beperk wees en net toestemming gee vir ondersoekers om byvoorbeeld na uitgaande oproepe te kyk en nie die SMS’e of foto’s op die foon nie.

IN HUISGENOOT: Ná ’n beweerde misdaad kan inligting op jou foon jou doen en late verklap – al het jy jou wagwoord vergeet, soos Oscar Pistorius. In die nuwe Huisgenoot (11 Julie 2013)  verduidelik ons presies hoe jou selfoon en inligting daarop as getuienes teen jou gebruik kan word. Koop die digitale uitgawe van Huisgenoot, KLIK HIER