Pleks van toegangskodes gebruik hierdie app ’n selfie van die eienaar om die foon te ontsluit.

Die 1U-app, met die leuse “There’s only 1U!”, gebruik biometriese herkeningstegnologie van jou gesig om te bepaal of jy die werklike gebruiker van die toestel is.

Volgens Hector Hoyos, lid van die span wat die app ontwikkel het, word daar gekyk na talle faktore, soos jou gesigsuitdrukkings, jou oë en hoe jy glimlag, om te bepaal of jy werklik jy is.

“Alles kan deesdae deur kuberkrakers gekraak word,” sê Hoyos, “maar met 1U is die kans dat die kuberkrakers iets op jou foon sal regkry, bitter skraal.”

Die app is beskikbaar vir Android en iPhone en ’n mens kan dit 30 dae lank gratis op die proef stel.