’n Hartseer toneel het Dinsdagoggend by Tafelberg in Kaapstad afgespeel toe ’n jong man na sy dood geval het.

[caption id="attachment_120115" align="aligncenter" width="600"]Van Tafelberg se kruin. Foto: Google Street View Van Tafelberg se kruin. Foto: Google Street View[/caption]

Iemand wat in die berg gaan stap het het die man se liggaam gevind, het die polisie se Kaptein FC van Wyk bevestig. Die liggaam kon nie dadelik van die berg verwyder word nie, omdat sterk winde die proses bemoeilik het.

Intussen het Heidi Weeks (50) van Somerset-Wes aan Netwerk24 gesê sy is oortuig die man wie se liggaam gevind is dié van haar seun, Richard (22).

Sy het vertel Richard het Dinsdag vir haar en ander naastes 'n boodskap gestuur waarin hy totsiens sê en van hulle afskeid neem.

“Ek is 99% seker dit is my seun. Dit was sy motor en die klere aan die lyk is ook syne,” het sy bygevoeg.

Die lykskouing word nog afgehandel en die identiteit van die persoon wat geval het is nog nie bevestig nie, het kaptein Van Wyk aan Huisgenoot gesê.