Selena Gomez wil haar hare swart kleur en die “bad ass” speel in flieks omdat sy mense “wil verras”.

Die 21-jarige sangeres en aktrise, wat bekendheid verwerf het danksy programme soos Barney & Friends en Wizards of Waverly Place, het gesê: “Ek moet dinge doen wat mense nie van my verwag nie. Ek moet mense verras, eerder as om deel te wees van die volgende tienerkomedie, want ek het dit al gedoen.

“Ek wil my hare swart kleur en ’n bad ass wees. Ek dink dis pret, ek dink dis goed vir my.”

Behalwe vir haar ambisie om ernstiger rolle te vertolk, het die mooi donkerkop – wat ’n aan/af-verhouding het met die sanger Justin Bieber (19) – ook by Ethan Hawke (42), haar medester in Getaway, begin kers opsteek oor hoe om ’n regisseur te word.

Sy het aan HollywoodLife.com gesê: “Ek moet baie beter word met wat ek doen voor ek ander mense kan regisseer. Ek sal daarvan hou. Ethan Hawke het my advies daaroor gegee, so ek sal dit kan doen. Ek moet net eers dit wat ek nou doen ’n bietjie beter regkry. Dan sal ek miskien ’n bietjie waaghalsiger wees. Ek leer nog.”