Sy het nog 14 mense geskrap, onder wie die aktrises Reese Witherspoon, Vanessa Hudgens en Ashley Benson. Selena het ook Kendall en Kylie Jenner van haar lysie vriende verwyder, en boonop alle foto’s van die twee van haar rekening verwyder.

Ons wonder wat gebeur het; die trio het immers die eerste naweek van die Coachella-musiekfees in Kalifornië saam deurgebring en het dolgelukkig gelyk; daarom was die skielike afjak op sosiale netwerke heeltemal onverwags.

Selena is glo dikbek vir die Jenner-sussies nadat hulle tyd saam met haar aan-af-kêrel Justin Bieber deurgebring het. En sy het glo haar vriendskap met Taylor beëindig nadat Tay-Tay haar voor ’n ultimatum gestel het: Los Justin uit of ons vriendskap is verby. Wel, dit lyk of Selena Justin gekies het . . .

Ekstra bron: dailymail.co.uk