Daar’s omtrent drama in Jelena-ville! Die popprinses Selena Gomez het onlangs in haar nuwe musiekvideo haar hart teenoor haar aan-af-kêrel, Justin Bieber, oopgemaak.

In die video, The Heart Wants What It Wants, sing die 22-jarige ster met trane in haar oë oor hul wankelrige verhouding. “Ek het die video verlede jaar geskiet . Op daardie oomblik was ek in ’n toestand – ’n emosionele toestand,” het Selena aan Ryan Seacrest vertel op sy radioprogram, On Air with Ryan Seacrest.

Die 22-jarige ster sing met trane in haar oë oor hul wankelrige verhouding.

Dié twee duifies het glo tot onlangs uitgegaan tot Justin saam met een van die werklikheidster Kim Kardashian se jonger sussies uitgehang het.

Justin en Kendall Jenner (19) het in die Franse hoofstad, Parys, gaan uiteet – en dit boonop sonder Selena – en sy het glo net mooi niks daarvan gehou nie.

Sy het hom daarna van haar Instagram-profiel verwyder, maar die twee hou duidelik nog kontak, want Selena het verklap Justin dink die video is “pragtig”. Dit was ook moeilik vir hom om dit te kyk, sê sy. Dalk is hy net jaloers op die sexy mannetjie in die video!

Kyk hier na haar hartverskeurende  musiekvideo:

- Janine Nel